Triomf Kliniek behandel slegs verwysde pasiënte

  • Triomf Kliniek kan nie inloop-pasiënte en noodgevalle behandel soos in die geval van staats- en privaathospitale nie. Die kliniek kan wel ’n diens lewer aan pasiënte wat deur samewerkende organisasies verwys word.
  • Slegs geïdentifiseerde liefdadigheidsorganisasies soos goedgekeur deur die Triomf Kliniek raad van trustees sal toegelaat word om verwysings te doen. Slegs pasiënte wat deur hierdie organisasies verwys word mag die kliniek besoek.
  • Die kliniek se verwysingsprotokol word uiters streng gevolg. Alle verwysings is beperk tot slegs instansies wat verwysingsmagte het.

Stuur vir ons ’n e-pos aan triomfpretoria@telkomsa.net, of voltooi die aanlynvorm om aansoek te doen as verwysingsorganisasie. Ons sal so spoedig moontlik ’n aansoekvorm aanstuur.

kliniek

Diensorganisasie kontakvorm

Informasie met 'n * is verpligtend

Die Kankervereniging van Suid-Afrika

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) is reeds van die opening van Triomf Kliniek af by die kliniek betrokke. Dienste word in samewerking met die kliniek se dermatoloë en ginekoloog gelewer.

Die Kankervereniging kan pasiënte na die kliniek verwys indien vel- en ander toestande geïdentifiseer word wat behandel benodig.

Die organisasie help ook om inligting te verskaf en bewustheid te bevorder rakende baarmoederkanker en gesinsbeplanning.

cansa-pic-1

Pretoria Ooginstituut

Pretoria Ooginstituut het betrokke geraak by Triomf Kliniek deur advertensie vir 30 Katerak operasies wat hul doen aan pasiente wat nie kan bekostig.

Die teaterlys is bepaal en daar is nou waglys vir volgende jaar.  2017 se skandering om te bepaal vir operasie of bril aan die pasiente.

Kind2Hearing

Kind2Hearing is betrokke vanaf 2016 by Triomf Kliniek waar hul maandeliks pasiente skandeer en dan gehoorapperate verskaf aan die wat kwalifiseer.

Met hul volgende afspraak word daar passings gedoen vir die gehoor apperate en die pasiente kry hul gehoorstukke.

Kind2Hearing is baie betrokke by die gemeenskap diens in verskeie dele van Gauteng, Limpopo tot dusver.