Triomf Kliniek Pasiënte
Inligting wanneer u
ons besoek
Triomf Kliniek se kernfokus bly die lewering van primêre gesondheidsorg – die eerste vlak van gesondheidsdienste wat aan die gemeenskap gebied word. Hierdie sorg is omvattend en sluit die beskikbaarheid en toeganklikheid van dienste in, met ’n sterk fokus op voorkoming en gesondheidsbevordering.
Kliniektye: Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00
Adres: Vom Hagenstraat 464, Pretoria-Wes
Telefoon: 066 283 1788
Epos: info@triomf.org.za
Omvang van dienste:
- Triomf Kliniek fokus op primêre gesondheidsorgdienste, wat insluit:
-
- algemene mediese sorg (algemene praktisyns)
- basiese tandheelkundige dienste
- basiese oogkundige dienste
- Hierdie dienste is gerig op voorkoming, vroeë opsporing en die bestuur van algemene gesondheidsprobleme.
- Dit is belangrik om daarop te let dat Triomf Kliniek nie ingerig is om dienste buite die omvang van primêre sorg te lewer nie.
- Pasiënte wat verdere of gespesialiseerde behandeling benodig, sal toepaslik verwys word na spesialiste of hoër vlakke van sorg.
Bring die volgende dokumente saam:
- Verwysingsbrief
- Identiteitsdokument
- Bewys van adres