Skip to content
Menu

Meer oor ons

Uitnemende sorg met waardigheid

By Triomf Kliniek word daar gefokus op kwaliteit gesondheidsorg met waardigheid vir behoeftige pasiënte. Daar word tans ’n verskeidenheid mediese dienste aangebied, insluitend:

Favicon 1

Primêre gesondheidsorg: Voorkoming, vroeë opsporing en behandeling van algemene siektes.

Favicon 1

Oogkliniek: Basiese oogondersoeke en verskaffing van brille.

Favicon 1

Tandheelkunde: Mondsorg en tandheelkundige behandeling.

Wanneer meer gespesialiseerde sorg benodig word, is ons span spesialisdokters beskikbaar om te help. Spesialisdienste sluit in:

Favicon 1

Vroueklinieke

Favicon 1

Dermatologie

Favicon 1

Been- en gewrigsprobleme (ortopedie)

Verwysingsmodel

Die kliniek kan nie inlooppasiënte en noodgevalle, soos by staats-en privaat hospitale, behandel nie, maar ’n diens lewer aan pasiënte wat deur die verwysde organisasies na die kliniek verwys is.

Slegs geïdentifiseerde liefdadigheidsorganisasies, soos goedgekeur deur Triomf se raad van trustees, sal toegelaat word om verwysings te handhaaf en die kliniekte besoek.

Verwysingsprotokol – moet streng gevolg word en is beperk tot instansies met verwysingsmagte.

Stuur vir ons ’n e-pos aan info@triomf.org.za, of voltooi die vorm aanlyn om aansoek te doen as verwysingsorganisasie.

Alle pasiënte word egter aan ’n duidelike keurings- en administratiewe proses onderwerp, wat deur die Triomf-span gevolg word om te verseker dat hulp op ’n regverdige en volhoubare wyse aan die regte pasiënte toegeken word.