Skip to content
Menu

Wil jy betrokke raak?

Triomf Kliniek bied nou verhoogde kapasiteit, verbeterde fasiliteite en ’n meer funksionele ruimte vir konsultasies, behandeling en gemeenskapsbetrokkenheid.

Raak betrokke

Ons nooi graag gesondheidsorgpersoneel uit om saam met ons ‘n verskil te maak. Tans is daar ‘n besondere behoefte aan ondersteuning op die volgende gebiede:

Oor-, neus- en keelspesialis (ONK/‘ENT’)
Vir die diagnose en behandeling van algemene en chroniese ONK-toestande.

Oogkliniek
Oogartse wat kan help met ’n basiese oogtoets sodat  pasiënte wat ’n bril benodig, gehelp kan word.

X-straaldienste
Diagnostiese ondersteuning vir ortopediese, respiratoriese en ander kliniese aanwendings.

Algemene praktisyn (AP/‘GP’)
Vir roterende konsultasies en algemene primêre gesondheidsorg.

Dermatoloë
Om veltoestande en chroniese dermatologiese siektes professioneel te evalueer en behandel.

Tandarts
Basiese tandheelkunde, roetine-ondersoeke en skoonmaak, stopsels, die trek van tande en voorkomende maatreëls om mondgesondheid te handhaaf.

Indien jy ’n bydrae kan lewer – op ’n eenmalige, gereelde of roterende basis – sal ons dit met groot waardering verwelkom.