Triomf, sorg met waardigheid
Triomf Kliniek, wat onder die vaandel van Atterbury Trust bestuur word, is ’n gemeenskapsprojek wat daarop fokus om gehaltegesondheidsorg aan behoeftige pasiënte te bied. Triomf Kliniek maak dit moontlik vir vrywilligerdokters om hul tyd of dienste beskikbaar te stel sonder enige operasionele of administratiewe las. Triomf-personeel hanteer die administrasie van verwysings, afsprake en inrig van die fasiliteit.
Die kliniek se deure het aanvanklik op 23 Julie 2014 in Pretoria-Wes oopgemaak. In 2025 breek ’n nuwe seisoen vir Triomf Kliniek aan met die hervestiging te Oaktreelaan 41, Hazelwood, Pretoria. Die sentrale ligging langs die toonaangewende Club Surgical Centre verseker geriefliker toegang vir beide pasiënte en vrywilligerdokters.
Impak tot op hede
Die impak van vrywilligers en weldoeners:
Wat ons pasiënte sê
“Baie baie dankie vir julle dokters wat spesiaal moeite maak en tyd afstaan om ook hier diens te kan kom doen. Van die beste personnel en dokters ![]()
![]()
mag julle van sterkte tot sterkte gaan.”
Meisie Smit
“Dit laat mens sommer klaar beter voel as jy met menswaardigheid by die kliniek behandel word. Die Triomfkliniek is die beste ding wat hier in ons omgewing kon gebeur.”
Wanda Schurtmann
“Ek is 66 jaar oud en kry net ‘n SASSA-pensioentoelaag. Ek wil net vir Triomfkliniek en almal betrokke bedank vir dit wat julle vir ons minderbevoorregtes doen. Die diens wat julle voorsien is uitstekend, ek hoop julle net sterkte toe op die pad vorentoe. Mag God met julle wees. Alle dank aan ieder en elk van julle”
Pieter Bodenstein
“Baie dankie! Julle lewer uitstekende werk! ![]()
“
Marieta Fourie
“Ek het net die beste behandeling nog sover gekry by julle en is so dankbaar teen oor elke een van jul baie dankie”
Lena Venter Van Loggerenberg
“Ek en my man (Ben) het ons medies verloor as gevolg van die land se ekonomie.
Ons is dankbaar vir elke dokter wat bereid is om ons pro bono te behandel. Elke keer as ek daar was dank ek die Here dat daar dokters is wat nog soveel omgee vir hul medemens om ons so goed te behandel en hul tyd en geld prys te gee vir hul naaste.
Ek kan nie vir jou sê hoeveel ons dit waardeer nie en dat al die dokters uit hul pad gaan met hulp op vele gebiede en ons met respek behandel asof ons betalende pasiënte is.
Adelene is ‘n vriendelike, behulpsame mens wat moeite doen met afsprake en om die pasiënte oral en te alle tye te probeer akkommodeer met tyd en afsprake.
Groete van ‘n dankbare mens.”
DJS Lee Dolfie
“Ek kan moeiteloos my saak stel en uitstekende professionele diens op ‘n menswaardige wyse kry, in ’n skoon en baie mens-vriendelike omgewing, op afspraak. Dit is goud vir die ouer en minder gegoede Afrikaanssprekende en net so goed, indien nie beter nie, as ’n privaatinstansie waar jy soms maande vir ’n spesialisondersoek moet wag. Julle het die Skepper se opdrag gehoor en gehoorsaam, en dit in dade en nie met woorde nie.”
Frik du Buisson
“Baie dankie vir al die mense wat Triomf Kliniek moontlik gemaak het vir ons daar buite wat julle nodig het. Baie dankie vir ALLES wat julle tot dusver vir my hande gedoen het. Woorde kan nie my dankbaarheid genoeg beskryf nie. BAIE DANKIE!
Dankie aan Dr Odette Koch wat my hero is en aan suster Lynette en Catrien.
“
Benita Jurgens Kruger
“Beste diens ooit.”
Margaret Horne
“Julle doen die wonderlikste Godgegewe werk. Julle is ‘n ligstraal in my lewe en veral Dr Odette Koch wat alles in haar vermoë doen om die pyn in my hande leefbaar te maak.”
Benita Jurgens Kruger
“Baie goeie gemaklike en profesionele diens gekry by Triomf Kliniek. Dankie Suster Adeline, waardeer! Ook, die ontvangs dame was baie oulik.“
Suzie Bouwer
“🤗🌹Baie dankie aan julle almal se vriendelikheid, suster Wilma dit was baie interressant, die screening.🤗🌹“