Twee Triomf-antelike jare…
Die Triomfkliniek het sedert sy opening in 2014 ’n steunpilaar vir die behoeftige gemeenskap van Pretoria-Wes geword, waar pasiënte teen geen of min onkoste uitstekende mediese sorg kan ontvang. Danksy die SA Vrouefederasie wat die spasie in ’n gedeelte van SAVF Margaretha Ackermann beskikbaar gestel het, is ’n kliniek geskep waar vrywilligerdokters hul spesialisdienste gratis […]