MBCHB(Pret), H.Dip.Int.Med (SA), MPraxMed (Pret), MMed(DERM)(Pret).
Dr. Jeannette Joynt is ’n dermatoloog van Pretoria. Hier het sy haar mediese studies in 1988 aan die Universiteit van Pretoria voltooi.
Na haar MPraxMed studies in 1995 aan die departement huisartskunde van Tuks, ontvangs sy die Glaxo Wellcome toekenning as beste student.
Dr. Joynt verrig ’n dienstydperk in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en voltooi haar diploma in interne geneeskunde in hierdie tyd. Sy ondergaan ook ’n kursus in lugvaartgeneeskunde. In 1999 werk Dr. Joynt in die dermatologie departement van die Universiteit van Pretoria en sy verwerf haar spesialisgraad in dermatologie in 2006.
As privaatdermatoloog werk sy vir nege jaar in die Skinmatters praktyk. Hier doen sy uitgebreide ondervinding op deur die verskaffing van ’n wye verskeidenheid dermatologiedienste. Daaarna skep Dr. Joynt haar eie dermatologiepraktyk. Sy fokus op kankerdiagnose, mediese dermatologie en vel-laser behandelings. Dr. Joynt verskaf gratis (pro bono) dermatologiedienste by Triomf Kliniek.