
Prof. Steve Rossouw verwerf sy mediese graad aan die Universiteit van Pretoria en voltooi sy nagraadse studie in die rigting MMed Interne Geneeskunde aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hy bly drie jaar in Londen in die Vernigde Koningkryk waar hy die graad DPhil verwerf. Dan werk hy ook vir twee jaar in Kanada en verwerf die FRCP kwalifikasie.
In Suid-Afrika studeer Prof. Rossouw verder in die vakrigtings tropiese geneeskunde en beroepsgeneeskunde. Hy is nou betrokke by die opleiding van mediese studente aan die Kalafong Hospitaal se departement van interne geneeskunde. Prof. Rossouw verskaf gratis (pro bono) mediese diente aan pasiënte van Triomf Kliniek.