
Dr. Röscher het in die jaar 2000 sy graad in dermatologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf.
Na sy graadkursus het hy ook nagraadse opleiding in Newcastle in die Verenigde Koningkryk in die vakrigting dermatologiese sjirurgie ondergaan. Dr. Röscher het verder in die VSA studeer en het sy kundigheid in die areas van fotodinamiese-terapie (Nashville) en laserterapie (Charlotte) uitgebrei.
Na hierdie studies het hy ’n belangstelling in die bestuur en voorkoming van velkanker ontwikkel. Verder het Dr. Röscher spesialiskennis in dermatologiese prosedures asook vel- en lasersjirurgie bekom.
Hy was direkteur van die dermatologie sjirurgieprogram van die Universiteit van KwaZulu-Natal se departement dermatologie, tot op hede steeds die enigste akademiese dermatologie sjirurgieprogram in Suid-Afrika.
Dr. Röscher is ’n mede-stigter en president van die dermatologie- en estetiese-sjirurgieliga (DASIL). In Oktober 2016 het hy die eer te beurt geval om die derde jaarlikse Lawrence M. Field (MD) eerbetoningslesing tydens die Amerikaanse Vereniging van Dermatologie Sjirurgie (ASDS) se jaarvergadering te lewer.
Hy is ’n medestigter en hoof operasionele beampte van die velkankerstigting van Suid-Afrika. Dr. Roscher is ook die redakteur van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Dermatologie Sjirurgie. Dr. Röscher verrig gratis (pro bono) velsjirurgie spesialisdienste vir velkankerpasiënte by Triomf Kliniek.