Internasionale Doktersdag, 30 Maart 2022
Op 30 Maart is Internasionale Doktersdag ook by Triomf Kliniek gevier. Op hierdie dag word dokters wêreldwyd bedank vir hul werk in die gemeenskap en ons kan nie dink aan ’n meer verdienstelike groep as die medici wat vrywillig hulle tyd afstaan om Triomf Kliniek se pasiënte te help nie. Gespesialiseerde lasertoerusting ter waarde van R1,5 miljoen is deur Triomf se stigterdokter, die voorste dermatoloog Dr Marc Roscher, geskenk en ook op dié dag in ontvangs geneem. Nou sal die mense van Pretoria-Wes baat by nog ’n spesialiskliniek vir die behandeling van littekens en brandwonde.