’n Verjaarsdag van omgee – Triomf Kliniek word agt
Soos die tyd aanstap is dit verblydend om weet dat al hoe meer behoeftige mense sorg met waardigheid by Triomf Kliniek kan ontvang. Nou, met die terugkyk na agt jaar se goedhartige bydraes deur verskeie vrywilliger-dokters en baie ander weldoeners, vier ons hierdie triomfantlike verjaarsdag met genoegdoening.
Alhoewel ons verheug is dat Triomf Kliniek reeds meer as 5 000 behoeftige Afrikaanse pasiënte met waardigheid kon behandel, besef ons terdeë dat die behoefte aan sorg vermenigvuldigbaar groter is. Dit is waarom ons jou hulp ook nodig het.
By Triomf Kliniek word mense uit die weste van Pretoria gehelp deur middel van professionele mediese dienste soos verskaf deur algemene praktisyns en spesialiste, wat tandheelkunde insluit. Ondersoeke word by die kliniek gedoen en pasiënte word daar gehelp indien moontlik, of word verwys vir verdere behandeling.
’n Voortdurende behoefte bestaan vir professionele medici om hul tyd en kundigheid gratis aan te bied. Hoe meer dokters help, hoe meer pasiënte kan sorg met waardigheid ontvang.
Verder benodig die kliniek ’n noemenswaardige voorraad medisyne en ander mediese gebruiksgoedere. Alhoewel skenkings van produkte altyd welkom is, verseker kontantskenkings dat ons kan aankoop wat werklik dringend nodig is.
Vier gerus saam met ons Triomf Kliniek se agtste verjaarsdag deur ’n skenking te maak, want ons weet jy gee ook om.
Beste wense
Zahn Hulme
Atterbury Trust Uitvoerende Trustee