Triomf Nuus
Tande-hulp vir Triomfkliniek
Triomfkliniek se nuwe vleuel is amper-amper reg om betrek te word, met die laaste afrondingswerk wat vandeesweek gedoen word, en nou span Atterbury en ons gewaardeerde mediavennoot GROOTfm saam om die tandarts-spreekkamer ook finaal reg te kry vir pasiënte. Die nuwe vleuel het benewens die […]
’n Nuwe baadjie vir Triomf Kliniek
Triomf Kliniek het pas ’n splinternuwe vleuel ingelyf, met ekstra spreekkamers en ’n gemaklike wagkamer, en die deure sal vroeg volgende jaar amptelik vir die mense van Danville en omgewing oopgegooi word. Een van die kliniek se heel eerste betrokkenes, Jula van den Broek, het […]
Soveel oop hande vir Triomf Kliniek…. Maar ons benodig nog meer!
Sedert die SA Vrouefederasie hulle harte oopgemaak het en nog ‘n deel van SAVF Margaretha Ackermann tehuis aan Triomf Kliniek beskikbaar gestel het, is daar omtrent planne gemaak en begin werskaf om die kliniek uit te brei. Atterbury Trust se Zahn Hulme bring ons op […]
Rus in Vrede Iris Roscher
Dit was altyd vir Iris Roscher ’n hartsaak om pasiënte met deernis te behandel, veral diegene wat nie duur mediese dienste kon bekostig nie. Dit was tot ’n groot mate danksy haar dat die Triomfkliniek twee jaar gelede gestig is om juis vir Pretoria se […]
Twee Triomf-antelike jare…
Die Triomfkliniek het sedert sy opening in 2014 ’n steunpilaar vir die behoeftige gemeenskap van Pretoria-Wes geword, waar pasiënte teen geen of min onkoste uitstekende mediese sorg kan ontvang. Danksy die SA Vrouefederasie wat die spasie in ’n gedeelte van SAVF Margaretha Ackermann beskikbaar gestel […]
Triomfkliniek bied dokter ’n nuwe begin
Skaars ’n jaar gelede is Dr Hannelie Groenewald se lewe brutaal verander toe haar man en kinders in hul huis in Afganistan deur ’n Taliban moordbende uitgewis is. Die familie het vir 12 jaar in die hoofstad, Kaboel, gewoon, en sy het die aanslag slegs […]
Triomfkliniek – ‘n gemeenskap se trots
Suster Adelene Boshoff is gewoond om stories van dankbaarheid te hoor van die mense van Danville. Die gemeenskap het in die afgelope jaar geleer om te steun op die Triomfkliniek, waar hulle mediese hulp kry sonder om dae om te staan in lang toue. Wat […]
Zahn op kykNET Groot Ontbyt
Johrne van Huyssteen praat met die uitvoerende trustee van Atterbury Trust, Zahn Hulme. 25 Augustus 2015.
Agter die skerms by Triomfkliniek
Een goeie gebaar lei na ’n volgende, en dit is een van die mees bevredigende aspekte van die werk wat die Atterbury Trust doen. Soos die Trust se werksaamhede uitbrei, kry ons meer en meer weldoeners aan boord wat ook wil help. By die byna […]