Nuus & Artikels
Rus in Vrede Iris Roscher
Dit was altyd vir Iris Roscher ’n hartsaak om pasiënte met deernis te behandel, veral diegene wat nie duur mediese dienste kon bekostig nie. Dit was tot ’n groot mate danksy haar dat die Triomfkliniek twee jaar gelede gestig is om juis vir Pretoria se […]
Twee Triomf-antelike jare…
Die Triomfkliniek het sedert sy opening in 2014 ’n steunpilaar vir die behoeftige gemeenskap van Pretoria-Wes geword, waar pasiënte teen geen of min onkoste uitstekende mediese sorg kan ontvang. Danksy die SA Vrouefederasie wat die spasie in ’n gedeelte van SAVF Margaretha Ackermann beskikbaar gestel […]
Triomfkliniek bied dokter ’n nuwe begin
Skaars ’n jaar gelede is Dr Hannelie Groenewald se lewe brutaal verander toe haar man en kinders in hul huis in Afganistan deur ’n Taliban moordbende uitgewis is. Die familie het vir 12 jaar in die hoofstad, Kaboel, gewoon, en sy het die aanslag slegs […]
Triomfkliniek – ‘n gemeenskap se trots
Suster Adelene Boshoff is gewoond om stories van dankbaarheid te hoor van die mense van Danville. Die gemeenskap het in die afgelope jaar geleer om te steun op die Triomfkliniek, waar hulle mediese hulp kry sonder om dae om te staan in lang toue. Wat […]
Zahn op kykNET Groot Ontbyt
Johrne van Huyssteen praat met die uitvoerende trustee van Atterbury Trust, Zahn Hulme. 25 Augustus 2015.
Agter die skerms by Triomfkliniek
Een goeie gebaar lei na ’n volgende, en dit is een van die mees bevredigende aspekte van die werk wat die Atterbury Trust doen. Soos die Trust se werksaamhede uitbrei, kry ons meer en meer weldoeners aan boord wat ook wil help. By die byna […]
Triomf, ’n kliniek wat groei en groei
Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Waar daar ’n kwaal is, is daar ’n oplossing. Danksy die goedgunstigheid van die groeiende span deelnemende dokters en medewerkers wat vrywillig betrokke is by die Triomfkliniek, kry die behoeftige mense van Danville wêreldklas sorg sonder […]
10 Vrae vir Adelene Boshoff, klinieksuster by Triomfkliniek
Waar was jy voordat jy onlangs by Triomf Kliniek begin werk het? Ek het gewerk by Intercare Parkview Lifestyle sentrum in Moreletapark. Wat geniet jy die meeste van jou werk by die Kliniek? Die kliniek maak so ‘n verskil aan die minderbevoorregde gemeenskap. Die pasiënte […]
Triomfkliniek – reeds ’n triomf binne ses maande
“Ek het nog nooit ’n vier-maande-oue baba die 100 meter sien hardloop nie, maar hierdie een – Triomf – staan al stewig en gaan nog rekords in-oes.” So beskryf 70-jarige Frik du Buisson van Pretoria die kliniek waar beide hy en sy vrou in Oktober […]