Triomf Nuus
Triomfkliniek vier Internasionale Doktersdag met nuwe laser-toerusting
Skenking deur Dr Marc Roscher help met die behandeling van littekens en brandwonde Internasionale Doktersdag is hierdie jaar op 30 Maart gevier. Dié dag word wêreldwyd gebruik om dokters te bedank vir hul mediese dienste aan pasiënte en om klem te plaas op die belangrike […]
Internasionale Doktersdag, 30 Maart 2022
Op 30 Maart is Internasionale Doktersdag ook by Triomf Kliniek gevier. Op hierdie dag word dokters wêreldwyd bedank vir hul werk in die gemeenskap en ons kan nie dink aan ’n meer verdienstelike groep as die medici wat vrywillig hulle tyd afstaan om Triomf Kliniek […]
Raak betrokke by Triomf Kliniek
Triomf kliniek het sedert Julie 2014 bykans 4 000 behoeftige Afrikaanse pasiënte met waardigheid behandel. Ons nooi graag nuwe vrywilligerdokters en terapeute uit om by Triomf betrokke te raak! triomf.org.za #sorgmetwaardigheid #onsgeeom
Triomf Kliniek vier ses jaar van sorg met waardigheid aan kwesbare pasiënte
Triomf Kliniek – die baanbreker- liefdadigheidsprogram vir mediese dienste wat gestig is, in stand gehou word en in ’n groot mate geborg word deur die Atterbury Trust – vier ses jaar van die voorsiening van kwaliteitsorg aan van die kwesbaarste lede van gemeenskappe in die […]
Triomf Kliniek word 6
In Julie 2014 toe die Triomf Kliniek sy deure oopgemaak het, was dit met ’n droom, om ’n verskil te maak vir behoeftige pasiënte wat by staatshospitale deur die krake val. Hierdie droom, van Atterbury Trust en van spesialisdermatoloog Dr Marc Roscher en sy oorlede […]
Die Trust reik uit gedurende Covid-19
Atterbury Trust se werk in behoeftige gemeenskappe blyk in die tyd van Covid-19 nog meer broodnodig as gewoonlik te wees. Uitvoerende trustee Zahn Hulme vertel meer van die Trust se bedrywighede, en ons hoor by suster Adelene Boshoff hoe die Triomfkliniek aangepas het. Gemeenskappe wat […]
Beperk koronavirus só
Triomfkliniek is weer oop, maar ons handhaaf streng maatreëls om die verspreiding van die koronavirus te beperk. Die hoeveelheid mense in die kliniek en almal se gedrag moet asb aan sekere vereistes voldoen. Let asb op hierdie veiligheidsmaatreëls soos geïllustreer en pas dit […]
Welkom aan nog ’n engeldokter
Triomfkliniek is baie gelukkig om van die beste dermatologiese dienste in die land te kan aanbied, danksy die groothartigheid van wonderlike dokters soos Dr Marianne Duvenage, die nuutste toevoeging tot die rooster van spesialiste wat hul tyd skenk om mense wat andersins nie dokters kan […]
Velkankerdokter gee Triomfpasiënte ’n nuwe lewe
Velkanker is nie net potensieel dodelik nie, maar lyers wat oorleef hou dikwels erg onaansienlike letsels oor. Die pasiënte wat by Triomf Kliniek aanklop met velkommernisse, doen dit helaas dikwels baie laat, bloot omdat hulle te behoeftig is om sommer dokter toe te gaan. Die […]