Charle
Posts by Charle Kuhlmann:
Amper tyd vir die nuwe Triomf Kliniek!
Die klok tik die sekondes af na die opening van die nuwe Triomf Kliniek. Ons hoor by Ananja Koen wanneer die voordeur oopgegooi sal word. Is daar al ’n oopmaakdatum? Wat moet nog gefinaliseer word voor die groot dag?Ja, die nuwe Triomf-fasiliteit by 41 on Oak open amptelik op Lentedag, 1 September! Dis simbolies van […]
Saamstaan teen borskanker
Die onlangse borskankerbewusmakingsveldtog wat by die Castle Gate Lifestyle-sentrum aangebied is, het mammogramme en borssonars met ’n mobiele eenheid vir vroue toeganklik gemaak. Die 11-dae-lange veldtog is deur Atterbury Trust en Triomf Kliniek, in samewerking met Screen Her Save Her (SHSH) moontlik gemaak. Danelle Strydom van Atterbury Trust en Rosa-Marié Cox-Cronjé, direkteur van SHSH, gee meer […]
Triomf-nuus van die nuwe kliniek
Dit is 11 jaar sedert Triomf Kliniek sy deure vir die eerste keer oopgemaak het om uitmuntende mediese sorg met waardigheid te bied aan Pretoria-Wes se gemeenskappe wat voorheen 100% van staatshospitale en -klinieke afhanklik was. Die kliniek het ’n ver pad gestap sedert daardie begindae. Atterbury Trust se Ananja Koen vertel meer oor die […]
’n Fokus op gesondheid in die Wes-Kaap
Triomf Kliniek het na tien jaar afskeid geneem van sy oorspronklike tuiste by die Margaretha Ackermann Ouetehuis in Vom Hagenstraat 472 in Pretoria-Wes, maar by die nuwe tydelike perseel in Silverton gaan Triomf Kliniek se sorg met waardigheid ononderbroke voort.
’n Nuwe seisoen vir Triomf Kliniek
Triomf Kliniek het na tien jaar afskeid geneem van sy oorspronklike tuiste by die Margaretha Ackermann Ouetehuis in Vom Hagenstraat 472 in Pretoria-Wes, maar by die nuwe tydelike perseel in Silverton gaan Triomf Kliniek se sorg met waardigheid ononderbroke voort.
’n Kans om terug te gee
Triomf Kliniek het oor die jare talle dokters verwelkom wat met liefde terugploeg in die gemeenskap. Dr Nina du Toit bring haar oor- neus en keel-kundigheid al vir meer as ’n jaar lank tot diens van die gemeenskap. Sy vertel meer.
’n Engel genaamd Dr Claudia
Triomf Kliniek se sukses is direk afhanklik van die dokters en spesialiste wat hulle tyd skenk om ons pasiënte sonder onkoste te behandel, en Dr Claudia Moloabi van The Willows in Pretoria is een van hierdie wonderlike mense. As dermatoloog is dit haar passie om ‘n verskil te maak in die lewens van pasiënte met velkankers en ander velkondisies, onder andere naelprobleme. Sy vertel ons meer.
eNuus: “Groot Vooruitsig” vir behoeftiges danksy veldtog
Danksy ‘n nuwe veldtog deur die Triomf-kliniek in Pretoria gaan beter sig nou talle behoeftiges beskore wees. Dié kliniek van die Atterbury Trust werk al byna ‘n dekade saam met liefdadigheidsorganisasies om kwesbare mense met mediese sorg by te staan.