Triomf Kliniek se GROOTvooruitsig veldtog | Danelle Strydom & Ananja Koen
Danelle Strydom & Ananja Koen gesels oor Triomf Kliniek se GROOTvooruitsig veldtog op 02 Mei 2023.
Danelle Strydom & Ananja Koen gesels oor Triomf Kliniek se GROOTvooruitsig veldtog op 02 Mei 2023.
Met velkanker-bewusmakingsdag wat die 1ste September is, gaan die Velkankervereniging van Suid-Afrika landswyd pasiënte gratis ondersoek vir potensiële velkanker. Die spesialis-dermatoloog, Dr. Ugeshnie Naidoo, kuier by ons om ons meer te vertel en sy leer ons ook meer oor tekens van velkanker. Sien gerus die volledige onderhoud hier onder.
Soos die tyd aanstap is dit verblydend om weet dat al hoe meer behoeftige mense sorg met waardigheid by Triomf Kliniek kan ontvang. Nou, met die terugkyk na agt jaar se goedhartige bydraes deur verskeie vrywilliger-dokters en baie ander weldoeners, vier ons hierdie triomfantlike verjaarsdag met genoegdoening. Alhoewel ons verheug is dat Triomf Kliniek reeds meer […]
Triomf Kliniek is gelukkig om ’n flink nuwe paar hande in die span te hê. Negentienjarige Atterbury Trust ondernemingsbestuurstudent, Deané Sealie, vertel ons hoe dit alles gebeur het en waarheen sy op pad is. Hoe het het die Triomf-geleentheid gebeur? My pad het gekruis met Atterbury toe ek aansoek gedoen het vir ’n studentebeurslening. Ek […]
Triomf Kliniek bring al vir byna agt jaar lank uitnemende mediese sorg na die behoeftige gemeenskappe van Pretoria, en dis danksy die vrywillige hulp van dokters soos Dr Gerhard Herbst, die nuutste byvoeging tot die groep medici wat die kliniek dra. Ons het hom beter leer ken. Waar het jy voor jou aftrede gepraktiseer? […]
Skenking deur Dr Marc Roscher help met die behandeling van littekens en brandwonde Internasionale Doktersdag is hierdie jaar op 30 Maart gevier. Dié dag word wêreldwyd gebruik om dokters te bedank vir hul mediese dienste aan pasiënte en om klem te plaas op die belangrike rol van professionele medici in die gemeenskap. Hierdie jaar se […]
Op 30 Maart is Internasionale Doktersdag ook by Triomf Kliniek gevier. Op hierdie dag word dokters wêreldwyd bedank vir hul werk in die gemeenskap en ons kan nie dink aan ’n meer verdienstelike groep as die medici wat vrywillig hulle tyd afstaan om Triomf Kliniek se pasiënte te help nie. Gespesialiseerde lasertoerusting ter waarde van […]
Triomf kliniek het sedert Julie 2014 bykans 4 000 behoeftige Afrikaanse pasiënte met waardigheid behandel. Ons nooi graag nuwe vrywilligerdokters en terapeute uit om by Triomf betrokke te raak! triomf.org.za #sorgmetwaardigheid #onsgeeom
Triomf Kliniek – die baanbreker- liefdadigheidsprogram vir mediese dienste wat gestig is, in stand gehou word en in ’n groot mate geborg word deur die Atterbury Trust – vier ses jaar van die voorsiening van kwaliteitsorg aan van die kwesbaarste lede van gemeenskappe in die Pretoria-Wesomgewing. Volgens Zahn Hulme, die uitvoerende trustee van die Atterbury […]
In Julie 2014 toe die Triomf Kliniek sy deure oopgemaak het, was dit met ’n droom, om ’n verskil te maak vir behoeftige pasiënte wat by staatshospitale deur die krake val. Hierdie droom, van Atterbury Trust en van spesialisdermatoloog Dr Marc Roscher en sy oorlede tante, Iris Roscher, wat die destydse direkteur van verpleegdienste van […]